Gereformeerde Kerk
Die Kandelaar
Waverley, Pretoria
'n Gemeente waar gelowiges saamkom in die lig van God se Woord sedert 1950.
"Twee dinge vra ek van U; onthou dit nie aan my voordat ek sterf nie: Hou valsheid en leuentaal ver van my af; gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestem is; dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: Wie is die HERE? En dat ek nie as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my GOD vergryp nie."— Spreuke 30:7-9 (1933/53 vertaling)
'n Gemeente uniek in sy soort
Die Gereformeerde Kerk Die Kandelaar is geleë in Waverley, Pretoria. Ons is 'n gemeente van die GKSA met 'n ryk geskiedenis en besondere karakter.
Die gemeente is in sekere opsigte uniek in die klassis en waarskynlik in die hele kerkverband. Ons het geen vaste grense nie, maar strek oor die hele Pretoria-gebied. Die oorgrote meerderheid van ons lidmate is van Nederlandse afkoms, wat ons 'n besondere kulturele erfenis gee.
Luister na Opnames
Die Reformasie se Solas
Sola Scriptura
Alleen die Skrif
Sola Gratia
Alleen uit Genade
Sola Fide
Alleen deur die Geloof
Solus Christus
Jesus Christus, enigste
middelaar en Verlosser
Soli Deo Gloria
Aan God alleen die Eer
Geskiedenis
Van Nederlandse immigrante tot 'n gevestigde gemeente in die GKSA
Na die Tweede Wêreldoorlog het duisende Nederlanders, ook baie Gereformeerdes, 'n heenkome in ander lande gesoek, onder meer in Suid-Afrika. Hoewel baie van hulle by die Gereformeerde Kerke (GKSA) aangesluit het, het 'n aantal nie kans gesien daarvoor nie.
Die rede was dat die GKSA korrespondensie onderhou het met die "Sinodaal Gereformeerde Kerke in Nederland". Daardie kerke het die vastheid van die verbond wat die Here met die gelowiges en hul kinders, sy verbondsvolk, en die wat deur die doop verseël word, op losse skroewe geplaas. Die gevolg was 'n kerkskeuring in 1944 wat gelei het tot die stigting van die Gereformeerde Kerke (Vrygemaak).
Deur al die jare wou en wil die Kandelaar voluit gereformeerd wees deur:
Kerkskeuring in Nederland
Gereformeerde Kerke Vrygemaak ontstaan ná kerkskeuring in Nederland.
Stigting in Pretoria
Sommige van diegene wat met die Vrymaking van 1944 saamgegaan het en daarna na Suid-Afrika gekom het, het in 1950 die Vrye Gereformeerde Kerke gestig.
Gemeenteskeuring
Skeuring vind plaas in die Vrye Gereformeerde Kerk Pretoria en ‘n aantal gemeentelede funksioneer voortaan afsonderlik.
Boukommissie aangestel
Boukommissie word aangestel om nuwe kerk te beplan.
Korrespondensie Verbreek
Die GKSA het die korrespondensie met die Sinodaal Gereformeerde Kerke verbreek.
Ds. Nardus en Sr. Sandrina Droomer
Ds. Nardus Droomer word as predikant bevestig en dien tot 2000. Die gemeente sluit by die GKSA aan as die Gereformeerde Kerk die Kandelaar.
Nuwe Gemeentesentrum
GK Die Kandelaar betrek haar huidige gemeentesentrum in Waverley, Pretoria.
Gereformeerde Skool
Gereformeerde Skool Dirk Postma.
Lidmate gee uitvoering aan hul doopbelofte deur 'n Gereformeerde laerskool te stig met 42 leerlinge. Vandag is dit 'n volledige kleuter-, laer- en hoërskool.
Ds. Hennie en Sr. Johanita Momberg
Ds. Hennie Momberg is op 8 Februarie 1998 as predikant bevestig en dien tot 2012.
2013
Ds. Jac en Sr. Ina Howell
Ds. Jac Howell is op 13 April 2013 bevestig. Hy het in die amp gebly tot en met die tragiese afsterwe van hom en sy vrou, sr. Ina, op 2 April 2018.
2019
Ds. Chris en Sr. Salomé Botha
Ds. Chris Botha word op 6 Julie 2019 bevestig. Hy volg 'n beroep na GK Gobabis (Namibië) op en word daar op 27 Julie 2024 bevestig.
2025
Ds. Gerben en Sr. Anne Meijer
Ds. Gerben Meijer is op 10 Mei 2025 as predikant bevestig. Die gemeente is deel van die Klassis Pretoria en word ondersteun deur GK Pretoria Meintjieskop as konsulent.
ErediensTye
Sluit by Ons Aan
Ons nooi u hartlik uit om by ons aan te sluit.
Oggenderediens
Sondae om 09:30
Aanderediens
Sondae om 18:30
Luister In
Kon u nie die diens bywoon nie? Luister na vorige preke en eredienste.
Erediens Opnames
Volledige eredienste is beskikbaar vir diegene wat nie fisies kan bywoon nie. Insluitend gemeentesang en prediking.
Kyk ErediensteKollektes
Vir ’n vollediger en duideliker uiteensetting word die 1ste en 2de kollekte nou onder die Diakonie-afdeling aangedui.
Wandelgang & Aktiwiteite
Ons aktiewe verenigingslewe bied geleenthede vir alle ouderdomme.
Die Wandelgang
Die Wandelgang is ons weeklikse gemeentenuusbrief. Berigte wat geplaas moet word in die komende Sondag se uitgawe moet die kerkkantoor bereik voor Donderdag 11:00.
Die Jeug
Verskeie jeugverenigings vir verskillende ouderdomsgroepe. Dinamiese programme wat geloof en gemeenskap bevorder.
Bybelstudie
Verskeie Bybelstudiegroepe vergader gereeld om die Woord te bestudeer en toe te pas.
Manne- & Vrouevereniging
Mannevereniging en Susters-Bybelstudiegroep Lidmate wat gereeld byeenkom vir Bybelstudie.
Kerkraad
Predikant
Kerkraad
Kerklike Bydrae (VVB)
Kerklike bydraes word gebruik om die eredienste, kerkgeboue en -terrein in stand te hou. Dit sluit onder andere die volgende in:
- - bydraes vir kerkverbandelike sake, soos die ramings per lidmaat en die opleiding van predikante.
- - die predikant se traktement
- - onderhoud van geboue en terrein
- - sending
- - vergoeding aan die koster, administratiewe beampte, orreliste en terreinwerkers
- - ʼn verskeidenheid ander kleiner sake
Druk op die QR kode om snapscan te gebruik
EFT Oorbetaling
Bank: ABSA
Tak Kode: 334645
Rek Naam: Geref. Kerk Die Kandelaar
Rek Nommer: 005 034 1798
Konsulent
Diakonie
Diakonie
Kollektes
Twee kollektes word tydens die erediens opgeneem. Dit gaan in die eerste plek om diens aan die Here.
- - Die eerste kollekte is vir aanwending van barmhartigheidswerk hoofsaaklik in die ge-meente, genoem “vir die diakonie”.
- - Die tweede kollekte is om koninkrykswerk in die breë kerkverband en ook na buite te ondersteun.
Druk op die QR kode om snapscan te gebruik
EFT Oorbetaling
Bank: Nedbank
Tak Kode: 160345
Rek Naam: Diakonie GK Die Kandelaar
Rek Nommer: 2603 055 534
Rek Soort: Spaar Rekening
Kerkkantoor
Kerkkantoor
Sending en Evangelisasie
Die Evangelisasie-bedienings-kommissie (EBK) spoor ons lidmate aan tot 'n sending gerigte lewe en koördineer alle sending en evangelisasie projekte in die gemeente.
Evangelisasie-bedienings-kommissie (EBK)
Ander Evangelisasieprojekte waarby ons betrokke is en/of ondersteun
Crossroads Prison Ministries (CPM)
Crossroads Prison Ministries (CPM) Suid-Afrika
CPM SA bied Bybel kursusse gratis aan gevangenes. Voltooide lesse word deur mentors van verskillende gemeentes nagesien met 'n bemoedigende brief. Ons bedien ongeveer 1000 studente regoor Suid-Afrika. Elke nuwe student ontvang ook 'n Bybel.
CPM Bydrae
CPM benodig gereeld NIV-Bybels, Bybels in moedertale, asook ander skryfbehoeftes. Indien u graag enige van hierdie items wil skenk, is u welkom om CPM te kontak sodat hulle die nodige reëlings kan tref. U is ook welkom om ’n finansiële bydrae te maak wat hulle kan aanwend vir hierdie en ander uitgawes.
Druk op die QR kode om snapscan te gebruik
EFT Oorbetaling
Bank: FNB
Tak Kode: 250655
Rek Naam: CPM
Rek Nommer: 62819516066
Skakels
Nuttige skakels na verwante organisasies en hulpbronne.
GKSA
Gereformeerde Kerke in SA
Biblioteek
Gemeente Biblioteek
Foi et Vie Réformées
Franse Radiobediening
CPM SA
Crossroads Prison Ministries
Sendingdeputate
GKSA Sendingdeputate
Scriptura
Bybelstudie Materiaal
RSC
Christelike Media Biblioteek
GSDP
Gereformeerde Skool Dirk Postma
AROS
Akademie Reformatiese Opleiding en Studies
Dopperspele
Sport dag vir gereformeerde kerke
Olive Tree
Bybel en boeke program vir fone, tablette en rekenaars
E-Sword
Bybel en boeke program vir fone, tablette en rekenaars
Kontak Ons
Ons hoor graag van u. Kontak gerus die kerkkantoor vir enige navrae.
Adres
h/v Codonia laan & Dickenson laan
Waverley, Pretoria
Telefoon
of
E-pos
Webwerf
Posadres
Posbus 31527, Totiusdal, Pretoria, 0134